NAWEEK RESEPTE


Verlede naweek is ons klomp wat saam werk na ’n wildplaas waar ons net bietjie gaan uitspan het! Dit is interessant om die wederhelftes van jou kolegas te ontmoet en ook om die mense wat daagliks saam met jou skouer aan die wiel sit, in ’n meer ontspanne atmosfeer te sien,

Dit is dan ook hier om die vuur waar jy lekker resepte kry. So het ek twee resepte gekry wat my beïndruk het. Die een is ’n hoender resep van Wayne, kollega Natalie se wederhelf en ’n brokkoli slaai resep van kollega Sonja se ma. Ons het toe ook sommer hierdie Sondag die hoender beproef en as bykos, die brokkoli slaai gemaak!

Wayne se GEMARINEERDE HOENDERSTUKKE

Hoenderstukke (Ons het 8 ontbeende borsies gebruik maar ek dink een hoender in stukke gesny of ’n hele flattie sal ook werk)
1 k. Olie
1 t. Borrie
1 k. Suiker
1 t. Knoffelsout
1 k. Tamatiesous
½ k. Worcestersous
1 t. Aromat
½ t. Paprika
½ k. Sojasous
1 t. Gemengde kruie
3 uie (fyngekap)
4 Lourierblare
1 t. Kerrie
1 k. Asyn

Meng al die bestanddele en marineer die hoender daarin vir twee dae (hou maar in die yskas)

Braai met sous en al in ’n skottelskaar tot gaar.

Sonja se ma se Brokkoli slaai is so lekker dat ons dit, behalwe Sondag, sommer weer vandag gemaak het… op gewilde aanvraag natuurlik!

BROKKOLI SLAAI

1 Kop Brokkoli in die mikrogolf vir 5 minute gestoom en dan afgekoel en in blommetjies gebreek (die stingeltjie moet ook in klein dobbelsteentjies gesny word.)
250 g. Spek in stukkies gesny, gebraai en laat afkoel (ek voeg gewoonlik so ’n halwe teelepel heuning by spek as ek dit braai – dit karameliseer die spek heerlik)
1 Groot ui fyn gesny
1 k fyngerasperde cheddar kaas

Meng alles in ’n groot bak en gooi die slaaisous oor

SLAAISOUS
125 ml mayonnaise
1 el. Bruin asyn (die bruin asyn kan met balsamiese asyn vervang word vir meer geur.)
½ t. Sout
¼ t. Witpeper
½ t. Suiker
Opsioneel: ’n klein bietjie fyn gekapte knoffel of knoffelolie en/of gekapte neute

Advertisements

2 thoughts on “NAWEEK RESEPTE

  1. Hierdie lyk lekker, hoor! Gaan dit definislis ‘n bietjie probeer, een of ander tyd. Dankie vir die kuier op my blog. Wat die skryfwerk betref – kry sulke bevliegings wat ek vir lang rukke skryf en dan weer nie. Nog nie gepubliseer nie, behalwe ‘n paar gedigte op Litnet, ‘n hele rukkie terug. Weet nie of dit nog daar is nie 🙂 Kortverhaal of twee ook iewers in die kuberruimte.

    Like

  2. hey, awesome resepte!!ekt ‘n versoek, het jy nie dalk erens ‘n resep vir ‘n sous wat ek oor skaaptjops kan bedien nie, ek sit in die wildtuin, sonder ‘n resepteboek!!thanx!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s