Uit My Ma Se Resepte Boek

 

(Let Wel – hierdie resepte uit my ma se resepte boeke is nie almal getoets voor ek dit op hierdie blog gepubliseer het nie!)

Baie jare terug het vroutjie-doutjie twee resepte boeke by my ma gekry, hardeband boeke vol resepte geplak en geskryf. Om deur die boeke te blaai en hier en daar my ma se handskrif te herken, is dit asof ek my ma kan ruik en haar in die kombuis kan hoor werskaf. In my verbeelding sien ek haar selfversekerde raakvat manier en ek hoor haar praat oor hoe sy die by tannie Malan gehoor het of hoe my ouma daardie gedoen het.

Ek kan die groot bakke kos wat sy met groot sorg voorberei het op die tafel sien, of daar waar sy in die oond loer om te kyk of die koekies nie brand nie.

My ma het nooit te min kos op die tafel gehad nie… nee daar was eerder ’n oorvloed! Jy kon enige tyd in die yskas loer vir iets lekkers.

Hier volg ‘n paar van haar resepte.

Mostert

Langs die naam van die resep staan geskryf “Joey Boshoff”

Joey Boshoff was my pa se niggie. Haar man het by die OTK in Bethal gewerk terwyl sy die plasie in die omgewing van Davel aan die gang gehou het.

Tannie Joey as ’n klein en fyn, besige vroutjie wat kon onthaal soos min.

4 eiers

8 el suiker

1 k. asyn

6 t mosterd poeier

1 knippie sout

Klits die eiers, asyn, suiker en die knippie sout. Meng dan die Mostert in die mengsel.

Kook stadig tot dik.

Gemmer Koekies

(Langs die resep staan Myra)

Die Fouries was vir baie jare ons bure. Tannie Myra was ’n statige vrou en een van my ma se beste vriendinne. My ma het altyd baie komplimente gekry vir hierdie Gemmerkoekies en was baie trots daarop.

3 lb. meel (12 koppies)

3 koppies suiker

2 lb. stroop

1 lb. botter of margarien

4 eiers

1 pakkie koeksoda

5 t. (hoogvol) gemmer

Meng die koeksoda met kookmelk. Voeg die suiker, gemmer, sout en meel bymekaar en meng goed saam. Verhit die botter en stroop effens (indien te warm laat dit afkoel). Gooi nou die botter en stroop mengsel by die droe bestanddele. Voeg ook die koeksoda mengsel by en meng alles deeglik.

Maak ronde bolletjies en druk plat met jou duim. Bak in ‘n matige oond.


Tipsy Tert

Ek weet nie waar my ma hierdie Tipsy Tert resep gekry het nie maar die komplimente daarvoor was net so oorvloedig.

1 k. dadels

1 k suiker

1 k. kookwater

1 eier

1 t. koeksoda

1 ¼ k. meelblom

2 el botter

1 t. bak poeier

Sout

(Daar is nie geskryf hoe warm die oond moet wees of hoe lank dit moet bak nie.)

Sous:

1 1/4 k. suiker

2 botteltjies rum essens

1 t. botter

¾ k. water

1 t. vanilla

Kook die suiker en water vir 5 minute

Voeg die ander bestanddele by, meng en laat afkoel.

Gooi die sous oor die warm tert. Laat dit afkoel en versier met room.


Dina se Peri-peri Hoender

Ek kan nie onthou wie Dina was nie.

½ k. olie

¼ k asyn

1 el tamatiesous

1 t. paprika

½ t. sout

1 el worcestersous

2 t. peri-peri

4 huisies knoffel

Meng alles saam en plaas hoender oornag in die marinade.

(nêrens is daar enige aanduiding oor die gaarmaak proses nie)

Monkey Gland sous

Monkey Gland steak was een van die gereelde items op ons gesin se spyskaart:

3 groot uie (gekap)

3 t. olie

6 t. tamatiesous

6 t. worcestersous

6 t. wyn of asyn

6 t. bruinsuiker

3 t. blatjang

Sout en peper na smaak

Gemengde kruie na smaak

Braai-kook die sous vir 10 minute stadig

Plaas die vleis in pan, gooi die sous oor en prut tot gaar.

Ek sal volgende week verder deur my ma se resepte boeke blaai

Geniet die week!!

Advertisements

3 thoughts on “Uit My Ma Se Resepte Boek

  1. Kan Vroutie-Doutjie nie vir die werkende dames idees gee vir aandetes nie, ons eet twee keer ‘n week byvoorbeeld hoender met rys en groente. Maar jy wil die kos bietjie afwissel. Wat ek aan dink is soos ‘n spyskaart vir 4 dae van die week, iets eenvouding wat vinnig gaarmaak en baie maklik is om voor te berei. Ons probeer gesond eet so kos wat in olie diepgebraai word is nie vir ons nie. Die spyskaart moet vir aandetes wees, ek maak gewoonlik genoeg dat my man ‘n kosblikkie het vir more, hy gee nie om nie maar sal nie twee dae na mekaar dieselfde kos eet nie. Vroutjie-Doutjie het heerlike resepte, hoe hou sy alles by?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s