PASGETROUD

As pasgetroude paartjie, het ons op die swaar manier geleer. Dit is die dae waarvan ou mense praat as “die goeie ou dae…”

Ons wittebrood was twee weke by Loskopdam. In daardie jare nog ’n goedkoop binnelandse oord. Ons ‘luukse akkommodasie’ was ’n rondawel met ‘n gemeenskaplike kombuis.

Ek wou my nuwe bruid die eerste aand beïndruk met my vernuf om ‘n vleisie te braai. Ek begin toe my vuurtjie met klein houtjies en koerantpapier soos die gewoonte was, maar in plaas van volgende groter hout by te voeg, gebruik ek houtskool brikette, iets wat daardie jare splinternuut op die mark was. Ek het geblaas, met ‘n tydskrif gewaai en die vuur oor en oor gemaak maar die brikette wou maar net nie vat kry aan die vlammetjies van die klein houtjies nie. Later het ek die fout soos volg geanaliseer – omdat die my eerste vuur met brikette was het ek nie rekening gehou met hoe lank die brikette vat om te brand nie. Ons moes maar net die Vroutjie-doutjie se lekker pap en ‘shebo’ –waarvan ek later ‘n resep sal gee – eet. Ek moet tog egter, om my verleentheid so bietjie te verskans, noem dat vroutjie-doutjie ook maar gesukkel met die pap makery. Dit was nie iets wat hulle in haar ouerhuis baie geëet het nie en op skool het sy die glo net sowat ‘n enkele keer gemaak.

Ons het na ons ete van pap en sous by die Kloof Motel, wat daar in die Loskop omgewing die enigste plek met TV was, gaan wonde lek. In daardie jare was daar ‘n sepie op die kassie wat die hele Suid Afrika vir ‘n uur van die strate afgehou het. Dit was genaamd – ‘Rich Man Poor Man’.

Later die aand, met ons terugkoms by die rondawel kon ons nie glo hoe mooi die kole was waarmee ek vroeër die aand so gesukkel het nie! Jy kon ’n skaap op die vuur gaarmaak.

Die episode het my geleer dat, as jy nie vuur aanstekers (Blits) het nie, jy maar geduldig met brikette moet wees. ’n Alternatief vir aanstekers is om koerantpapier in baie stywe bondels saam te frommel, een blaai van die koerant maak ‘n bondel van ongeveer so groot soos jou vuis. Jy moet die bondel styf frommel, so asof jy ‘n ou vyand bymekaar maak. Pak die bondels saam en pak die brikette bo-op. Die bondels sal nie baie vinnig uitbrand nie en jou brikette sal baie eweredig begin brand.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s