Die Begin

 

In dertig  jaar getroude lewe maak ’n mens baie bymekaar. Mense gee weg wat in die pad is, gooi weg wat verslete is en vervang dit wat breek. Daar is egter twee dinge wat saam met erfstukke opgegaar word. Dit is herinneringe en resepte.

 

Herinneringe het hul natuurlike spesiale plekkie, resepte aan die ander kant, word sommer in ’n lêer gehou, in ou A4 dagboeke of ander boeke geplak, of in jou kop geliasseer. Daar is gewoonlik resepte wat jy self uitdink, resepte wat deur oorlewering gekry word – dit is nou ma, ouma of die buurvrou se resepte – en selfs resepte wat vriende om die braaivleis vuur deel. Hierdie ‘om die braai’ resepte is nie altyd so presies reg nie want, afhangende van hoe laat dit is, kan ’n man mos nie meer so mooi onthou nie. Een ding staan egter soos ’n paal bo water, soos ’n man om die braaivleis vuur die beste kar of mooiste, slimste en fluksste vrou het, so het elke man ook die beste resepte!

 

’n Baie belangrike  bron van resepte is egter die ‘PER ONGELUK’ resepte. Dit is resepte wat, vir verskeie redes, ‘per ongeluk’ die ontdek word. Soos wanneer al die bestanddele beskikbaar is nie of wanneer jy per ongeluk iets uitgelaat het of iets te veel bygevoeg het. Sulke tekortkominge of foute kan jou soms so wonderlik verras dat jy nie kan glo die oorspronklike resep was nie geskryf soos jy dit ‘perongeluk’ verander het nie.

 

Om deur hierdie tuisgemaakte resepte boeke te blaai is vir my altyd soos om op ? staptoer deur die verlede te gaan. Titels soos “Ouma se Kaneelkoekies”, “Sus Lettie se Koeksisters” en “Ella se Pampoenkoekies” duik oral op. Ek merk my ma se kenmerkende handskrif op of my suster se ronde syfers. Sommige is op skryfblok papier geskryf en ander op ’n blaadjie wat uit ’n notaboekie geskeur is. Jy kan gerus soek na die bladsye met die meeste vetkolle en verweer merke, dit is daar waar die gesin se gunsteling resepte wat die meeste gebruik word, voorkom. Hierdie verweerde en vetkol gemerkte resepte is die resepte waaraan ek dan die meeste aandag skenk want iewers in daardie resep lê  die resep waarna ek al jare soek.

 

Vroutjie-doutjie en ek het een groot gemeenskaplike voorliefde… dit is kosmaak! Behalwe dat sy ’n natuurlike aanvoeling vir die kookkuns het, het sy op skool in kookkuns gespesialiseer en ook  gepresteer. Haar tegniese kennis vorm die hoeksteen van ons eie resepte. Voeg daarby ons verbeelding en innovering en jy sal verbaas wees wat ons kan optower.

 

Ek hoop jy geniet hierdie reis saam met ons deur ons lewe en daarby sal dit ’n bonus wees as jy ons resepte kan gebruik!

Advertisements

4 thoughts on “Die Begin

  1. Dit klink of dit gaan great wees, ek is juis so verveeld met my eie kos,..Jy het nie miskien een vir soet en suur vark soos wat mens kry in die chinese resturante nie, of enige soet en suur vark

    Like

  2. Ek hoop jy geniet die blog! Ek sal moet krap vir ‘n ‘soet & suur’ vark resep en sal dit vir jou mail! Ek wil nie graag versoeke vir individuele resepte in die blog pos nie maar gee nie om om dit te mail nie. Die doel van die blog is om ‘n klomp essays oor die kosmakery deur ons lewenspad, wat ek geskryf het te pos, sodat die nie verlore gaan nie! Nogmaals dankie vir jou komentaar! Ek sal jou onthou! Jy was die eerste persoon wat my blog gelees het! Skaars ‘n minuut nadat ek ge-post het!

    Like

  3. Dit is reg so Bonty, ek sal gereeld inloer, ek is mal oor kosmaak, en kook meestal sonder resepte, maar het in die laaste tyd begin dink dit sal nogal leeker wees om n lekker dis WEER te kan maak. Ek en my seun het eenker n heerlike soet suur var vark gemaak, maar ek kon dit soos met meeste van my kos, .. NOOIT weer regkry nie..My epos adres is improwise@telkomsa.net as jy dalk een raak loop,..

    Like

  4. Baie lekker kuier om die kospotte. Laat my dink aan oorlede Pieter en sy Ingelsman. Dankie vir die “deel” van julle lewe en julle resepte. Dit lees soos n storie en nie soos n resepteboek nie. Sal nog n week daaraan moet lees voordat alles ingesink het…..Nog asb

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s